top of page

Perdryprestasie


Monica Leeuw en Werner Bouwer is beide opgeneem in die Gauteng Ekurhuleni perdryspan. Tydens die jaarlikse prysuitdeling van SANESA is Werner aangewys as toppresteerder van ons skool.

Die skool het weereens hierdie jaar 'n tweede plek behaal uit 'n moontlike 15 skole wat deelgeneem het.

Werner het ook 'n 3de plek behaal by die Top 10-byeenkoms vir hoërskole. Hy is verder aangewys as Victor Ludorum vir die meeste punte in "showing".

Hy het ook 'n spesiale toekenning ontvang van "Octo Dedicationem" omdat hy by al 4 skolekompetisies aan 8 verskillende items per kompetisie deelgeneem het.

Voorwaar 'n puik prestasie.

Baie geluk — Jansen is trots op jou!

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page