Hoogenhout Top 10 Atletiek: EG Jansen kom eerste…..
Hoërskool Dr. E.G. Jansen van Boksburg het op die 1ste Februarie drie atletiek spanne (A,B en C) vir die Hoogenhout Top 10 – byeenkoms in Bethal ingeskryf. 48 Spanne het vanjaar aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Jansen se atlete het puik presteer en die A-span het algeheel eerste geëindig. Veruscka Woest, Simonè van der Nest en Ruan Bronkhorst was van die uitstaande atlete op die dag. Jansen se B-Span was die 15de en die C-span 20ste.
Hieronder is die eerste 20 skole se punte telling uitslag:
Plek Punte Skool Span
1 8997 E.g. Jansen A
2 8939 Zwartkop A
3 8888 Rob Ferreira A
4 8880 Kempton Park A
5 8474 HTS Witbank
6 8454 Heidelberg Volkskool A
7 8412 Hoogenhout A
8 8374 Ermelo A
9 8242 Rob Ferreira B
10 8220 Zwartkop B
11 8005 Jeugland
12 7936 Standerton A
13 7918 Middelburg
14 7899 Delmas
15 7895 E.g. Jansen B
16 7887 Generaal Hertzog
17 7816 Brandwag
18 7778 Zwartkop C
19 7753 Lydenburg
20 7687 E.g. Jansen C
