Hoërskool Dr. E.G. Jansen se Eerste span blink uit in semi-finaal van Tuks Skolereeks.


Hoërskool Dr. E.G. Jansen se Eerste span blink uit in semi-finaal van Tuks Skolereeks.

Die Eerstespan van Hoërskool Dr. E.G. Jansen het op Saterdag 21 April by Hoërskool Menlopark deelgeneem aan die semi-finaal Tuks Skolereeks. E.G. Jansen het Hoërskool Nelspruit 69 – 26 geklop.

Dr. E.G. Jansen se spelers het alreedes in die eerste halfte losgeskiet en Hoërskool Nelspruit plat gedraf om reeds 47 – 14 voor te loop.

Dylan Schwartz E.G. Jansen se senter was n groot deel van die oorwinning. Hy het alleenlik 29 punte aangeteken vir sy span. Altesaam twee drieë, agt doelskoppe en ‘n strafdoel. Ruben Beytell, die losskakel, asook Hugo Claassen die heelagter het ook beide dubbelle drieë gedruk. Reinhardt Venter die slot en agsteman Carson Koekemoer het ook uitstekend deelgeneem.

Hoërskool Nelspruit het in die tweede helfte goed teruggeveg maar kon nie by die Jansies bly nie wat n verdere 22 punte aangeteken het.

Hoërskool Dr. E.G. Jansen gaan dus na die finaal waar hulle teen Hoërskool Monument moet meeding om te sien wie is die algehele wenners van die Tuks Skolereeks gaan wees. Hoërskool Monument het na die finaal deur beweeg nadat hulle Garsfontein met 45-21 in die ander semi finaal.

Die finaal gaan plaasvind op 6 Mei by Tuks.

Puntemakers vir die Wedstryd

EG Jansen 69 (47) – Drieë: Dylan Schwartz (2), Ruben Beytell (2), Hugo Claassen (2), Carson Koekemoer, Dwayne Fourie, Ruan Kruger, Sheldon Rivabello. Doelskoppe: Schwartz (8). Strafdoel: Schwartz.

Nelspruit 26 (14) – Drieë: Albie de Neysschen, Chris van der Merwe, Riehandré van der Merwe, Brandon Potgieter. Doelskoppe: Stephan van der Bank (3).

Tellings is gekry vannaf School of Rugby se artikel geskryf deur Hannes Nienaber.

http://www.schoolofrugby.co.za/news/9169-monnas-sal-tuks-reeks-titel-teen-eg-jansen-verdedig

#Sport #RUGBY

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

GPS Koördinate: S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen.

Hoërskool Dr. E.G. Jansen se registasievorms, webbladsy, facebook, instagram, youtube en twitter deur

ww.welikeit.co.za / info@welikeit.co.za