top of page

EG Jansen Wen Kemptonpark 45-13


Hoërskool EG Jansen se eerstespan het Saterdagmiddag sy derde agtereenvolgende wedstryd gewen met 45-13 op die LC de Villiers sportgronde in Pretoria.


Dis die derde TuksSkole-Reeks wedstryd wat die eerstes onoorwonne is. Hulle voorafgaande wedstryde was teen Rustenburg en daarna teen Garsfontein .

In Saterdag se wedstryd teen Kemptonpark het Ruben Beytel, EG Jansen se losskakel twee drieë van die agt gedruk.. EG Jansen het al die vaste fasette oorheers en het 'n groot impak gehad op die verloop van die westryd. Jonathan O'Neil het gedomineer by die afbreekpunte en Dylan Schwartz an Franco van Eeden het weer geskitter in hulle vryespel.

EG Jansen het gewys dat hulle nie onderskat moet word nie - 'n gedugte span met 'n sterk fondasie. "Ons sien uit na die halfeindstryd volgende naweek teen Hoërskool Nelspruit. Ons is reg hierdie jaar om ver te gaan" - Antonie Snyman (Afrigter van die Eerste span)

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page