top of page
Untitled design (15)_edited.jpg

Visie

Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs-gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees-effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle hul volle potensiaal op akademiese; kulturele en sportgebied en ook as leiers kan bereik. Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

Missie

By Hoërskool Dr. E.G. Jansen glo ons die skool is gebou op die voorskrifte van die woord van God en probeer ons dag na dag daarvolgens leef. Ons skool het ‘n Christelike karakter waar energieke, gelukkige jongmense gevorm word om die uitdagings van die lewe in suksesse te omskep.

VISIE & MISSIE

Arend Jansen (3).png
Elke leerder bereik sy volle potensiaal.
bottom of page