top of page
Untitled design (15)_edited.jpg

Skooldissipline is die optrede van 'n onderwyser of die skoolorganisasie teenoor 'n student (of groep studente) wanneer die student se gedrag die voortgesette opvoedkundige aktiwiteit ontwrig of 'n reël wat deur die onderwyser of die skoolstelsel geskep is, verbreek.

Dissipline kan die kinders se gedrag lei of grense stel om hulle te help leer om vir hulself, ander mense en die wêreld om hulle te sorg.

1. Skooltye

Aanvang
07:30 (leerlinge)
07:20 (personeel)

Verdaag
Maandag – Donderdag 14:00
Vrydag 13:30
By uitsondering mag hierdie tye verander word.

2. Voorkoms van Leerlinge

A DOGTERS
Hare :
- Indien hare permanent gegolf is, moet dit geblaas word tot sagte krulle of gevleg wees. Selfs in 'n poniestert, moet dit steeds geblaas wees.

Alle hare wat oor die onderste gedeelte van die kraag hang moet vasgemaak word.

Geen regop gespuite kuiwe nie. Kuiwe moet kort en netjies wees en geen slierte mag in die oë (m.a.w. oor wenkbroue) hang nie.

Geen kleursel of enige ander middel wat 'n kleurverandering kan veroorsaak nie (tydelik of permanent), of ligstrepe hoegenaamd nie, selfs nie met ouers se toestemming nie. Dit sluit die wenkbroue in.

Geen jel of mousse mag gebruik word nie.

Slegs swart of rooi rekke/linte/bande in die hare. Slegs gewone materiaal. Nie blink materiaal of serpe/waaiers, ens., nie.

Geen hoogopgeskeerde nekke (under-cut) nie.

Geen ingevlegte toue nie.

Kort bob hare moet uit die gesig gehou word met 'n knippie/haarband/kopband.(Swart of Rooi)

Kort hare moet netjies weggekam word en uit die gesig wees. Geen slierte of bosse nie. 'n netjiese kuif.

Geen blink knippe nie.

Indien hare op die kop vasgemaak word, mag dit nie onnet/slierterig wees nie.

Naels:

Mag nie van die binnekant van die handpalm gesien word nie.

Geen gekleurde naelpolitoer word toegelaat nie.

Geen uitsonderings vir bv. modelwerk of troues nie.

Geen vals naels nie.

Grimering:

Geen grimering of permanente grimering word toegelaat nie.

Juwele:

Slegs gewone horlosies en Medic Alert-skyfies.

Oorringe : slegs een per oor in die onderste gaatjie (klein oorring of klein silwer/goue oorbel).

Geen tong- of neusringe nie.

Geen sigbare tatoeëermerke nie.

B SEUNS

Hare

'n Netjiese haarstyl wat by skooldrag pas, word vereis.

Kuiwe moet afgekam, ten minste 3cm bokant die wenkbroue wees.

Agter moet die hare kort wees en nie in “trappe” gesny nie.

Aan die kante moet die hare nie aan die ore raak wanneer dit afgekam word nie.

Hare moet bo-op die kop nie langer as 50mm wees nie.

Hare moet ook so gekam word dat dit nie regop staan nie.

Geen jel of dergelike middels mag gebruik word nie.

Hare mag nie gekleur word nie.

Geen vreemde haarstyle nie, bv. mullet, mohawk, ens.

​​Skeer

Seuns moet ten alle tye netjies geskeer wees, anders sal hulle by die skool aangesê word om dadelik te skeer.

Wangbaarde ("Sidies") moet gelyk met die oorgat geskeer word.

​​Juwele

Slegs gewone horlosies en “Medic Alert”-skyfies.

Geen tong-, neus- of oorringe nie.

Geen armbande (rekkies of leer) en geen kettings nie, dit sal gekonfiskeer word.

3. Skooldrag

Voorgeskrewe skooldrag moet gedra word. Selfs na skoolure moet die uitnemende beeld van die skool uitgedra word.

Twee stelle skooldrag (winter en somer), is by die leweransier beskikbaar.

Geen “Dri-Macs” word toegelaat nie.

Geen sweetpakbaadjie of sportbaadjie mag saam met skooldrag gedra word nie.

Gr. 8 – 11's mag swart serpe dra, slegs gr. 12's mag rooi serpe dra.

​​DOGTERS
Skoene
Swart leerskoolskoene met 'n bandjie oor die voet, geen veterskoene of skoene met wit stiksels nie
Kouse
Wit skoolkouse wat netjies oorgeslaan en nie opgerol word nie. Swart lang kouse in die winter.
Rokke



Mag nie onder die gordel opgerol word om korter te vertoon nie.

Indien die dogter op haar knieë staan, mag die rok nie korter as 15cm bo die onderkant van die knie wees nie.

Truie

Skooltruie mag saam met of sonder die skoolbaadjie gedra word.
'n “Dri mac” mag glad nie gedra word nie.

Somersdrag word sonder langmouskooltruie gedra. Indien dit koel word, word 'n skoolbaadjie daarby gedra.

'n Moulose oortrektrui mag saam met somersdrag gedra word.

SEUNS

Wintersdrag

'n Grys sajetbroek, mosterdkleurige hemp met skooldas, skoolbaadjie, skoolkouse en swart skoolskoene. 'n Netjiese skooltrui kan onder die baadjie gedra word.

NB. Geen langbroekpype mag afgewerk word sodat dit nouer en styfpassend om die bene sit nie.

Somersdrag

'n Kort- of langbroek, mosterdkleurige hemp met wapen op sak, skoolkouse met swart skoene met inrygveters (geen stewels) en lae hak, of volledige wintersdrag soos bo, met 'n skoolbaadjie.

Belde (lyfbande)

Slegs swart belde.

Geen versiering/plaatjies word op beide toegelaat nie.

Skoene

Slegs voorgeskrewe skoolskoene, soos beskikbaar by die leweransier, sal toegelaat word.

Oefenklere

Oefendrag moet behoorlik en gepas wees.


HIERDIE REËLS GELD TE ALLE TYE WAT JY IN SKOOLDRAG GEKLEE IS, AL IS DIT BUITE FORMELE SKOOLURE!

4 Afwesigheid



Leerlinge mag nie die skoolterrein gedurende skoolure sonder toestemming van die hoof of adjunkhoofde verlaat nie.

Indien 'n leerling gedurende skoolure opgelaai moet word, rapporteer hy/sy by die kantoor nadat toestemming deur die vakonderwyser verleen is om die klas te verlaat. 'n Verlofbrief moet reeds die vorige dag, of die oggend van die betrokke dag, by die kantoorpersoneel ingehandig word. Leerlinge mag slegs deur hul ouers of persone met 'n brief van hul ouers, opgelaai word.

Daar sal ernstig teen klasglippers, drosters en stokkiesdraaiers opgetree word. Ouers word versoek om dokters en ander afsprake tydens skoolure tot die minimum te beperk.



5. Skoolfunksies / Byeenkomste



Alle sportbyeenkomste word in skooldrag bygewoon.

Skooldrag bly verpligtend vir enige skoolaangeleentheid, tensy anders gereël.



6. Algemeen



Leerlinge wat rook, benadeel hulle eie gesondheid, daarom is rook op die skoolterrein, in geboue of klaskamers, verbode. Leerlinge mag nie in skooldrag buite die skoolterrein rook nie. Daar sal ernstig teenoor oortreders opgetree word. Leerlinge mag nie in besit van vuurhoutjies, tabak of aanstekers wees nie.



7. Skool Terrein



Die skoolterrein word voor skool en tydens pouses afgebaken – 'n kaart is op die kennisgewingbord aangebring. Leerders mag nie in die klaskamers, by die fietsloods, motors of motorfietse vertoef of speel nie. Geen gevaarlike speletjies mag gespeel word nie. Bakleiery en afknouery sal streng gestraf word.



Teenoor enige leerling wat hom/haar skuldig maak aan die inbring en/of gebruik van alkoholiese drank op die skoolterrein, of in 'n skoolgeassosieerde situasie, of wat alkoholiese drank gebruik het en daarna die skoolterrein betree, sal baie streng opgetree word.

Leerlinge mag nie met klippe, kluite of enige soortgelyke voorwerpe gooi nie.

Kleedkamers moet te alle tye netjies gehou word en is geen vergader- of speelplek nie.

Fietse en motorfietse moet in die loods geplaas word.

Geen motors of motorfietse word op die terrein toegelaat nie tensy toestemming deur die skool verleen word.

Geen papier of enige rommel mag op die skoolterrein gegooi word nie.

Leerlinge moet te alle tye die VLR gehoorsaam en mag nie teëpraat nie.

Leerlinge moet 'n personeellid staande en op die korrekte wyse aanspreek, bv "meneer", "mevrou" of "juffrou".

Leerlinge mag op geen ander wyse met persone buite die skool kommunikeer as in die administratiewe kantoor, met toestemming van die hoof nie.

Gedurende pouses word geen leerling behalwe die VLR, op die stoepe, in die vierkant, voor die pawiljoen, op die atletiekveld en by die personeelvoertuie toegelaat nie.

Geen senior word in die juniorkleedkamers toegelaat nie.

Geen junior word in die seniorkleedkamers toegelaat nie.

Tydens Civvie-dae geld die reels soos van tyd tot tyd uiteengesit.

Fisiese kontak tussen seuns en dogters (onder andere hande vashou) is verbode.

Selfone mag nie aangeskakel wees tydens periodes nie. Indien 'n leerling met sy selfoon sou besig wees, word dit geneem en kan dit teen 'n boete van R150.00 by die kantoor teruggekoop word.

Tasse moet tydens pouses en voorskool op die aantreeblad regoor die betrokke klasnommer geplaas word (sodoende word diefstal beperk). Geen tasse mag op die skoolterrein rondstaan nie.

Leerlinge wat baklei op die skoolterrein maak hulle skuldig aan 'n baie ernstige oortreding. Sodanige leerlinge sal vir 5 dae geskors word.

Geen leerling sal toegelaat word om op die laaste skooldag die betrokke eksamen vraestel vroeër te skryf nie.

As 'n leerling afwesig was, moet 'n brief van die ouer, op die dag as die leerling terugkom, ingegee word by die registerpersoneel.



Die volledige skoolreëls is op aanvraag beskikbaar. Ernstige oortredings sal lei tot skorsing en dissiplinêre optrede.

SKOOLREËLS

Arend Jansen (3).png
Algemene reëls en skooldrag.
bottom of page