top of page
Untitled design (15)_edited.jpg

Skoollied Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Heil, E. G. Jansen Hoërskool,
Ons wordingsbodem en simbool
Van alles edel, hoog en trou
Wat ons leer, leer handhaaf en behou
Van alles edel, hoog en trou
Wat ons leer, leer handhaaf, behou.

Jou naam hou met die volk verband,
Jy voer die wapen van ons land:
Die arend wat met vleuels wyd staan
Vir vryheid en wakker waaksaamheid.

Die arend wat met vleuels wyd staan
Vir vryheid en wakker waaksaamheid.
Die skild wat immers slaggereed
Ons moedertaal beskut teen leed;
Die monument wat magtig daar
Die voorgeslag se beeld trou bewaar.

Die monument wat magtig daar
Die voorgeslag se beeld trou bewaar
Die kruisvlag wat in rooi en swart
Die stryd verhaal van Trekkersmart
maar ook die goue rigsnoer dra
Wat hoop is van Suid Afrika

maar ook die goue rigsnoer dra
Wat hoop is van Suid Afrika

Heil, Hoër Jansen dierbaar skool,
ons almamater en simbool
van alles edel, hoog en trou
om te handhaaf en behou;
van alles edel, hoog en trou
om te handhaaf en behou.

(Woorde deur G. A. Watermeyer
Toonsetting deur S. Eyssen)

SKOOLLIED

Arend Jansen (3).png
Heil, E. G. Jansen Hoërskool.
bottom of page