top of page
7.jpg

KLOKLUITRADISIE

Hoe het dit begin...

Op 6 Februarie 2017 het 'n nuwe tradisie by Hoërskool Dr. E.G. Jansen begin.  n die voortuin van die skool is daar 'n seremoniële klok opgerig wat 'n skagtoring en koekepan uitbeeld as deel van Boksburg se verlede as myndorp. 

​

Die lui van die klok maak elke begin van die jaar die nuwe graad agts amptelik deel van die skool en dui ook die begin van hulle "skof" aan.

​

Frik Coetzee was die eerste Graad Agt om die klok te lui. Sy pa, Frikkie Coetzee, is die terreinbestuurder by die skool.

​

Pieter Coetzee, Frik se broer, het in 2014 by die skool gematrikuleer en het die mynskag ontwerp.

​

Aan die einde van elke jaar lui die graad twaalfs die klok om hulle "skof" by die skool af te sluit.

bottom of page