PROSEDURE VIR DIE REGISTRASIE VAN GRAAD 8 LEERDERS – 2020

  1. Aanlyn webblad vir registrasie maak 20 Mei 2019 oop – die webblad adres is www.gdeadmissions.gov.za. 

  2. ​Die webblad sluit op 22 Julie weer – dan kan geen verdere registrasies plaasvind nie.

  3. Dokumente volgens die Departement vereistes kan saam met die oorspronklike Dr E G Jansen inligtingsboekie ingegee word.    Dit moet gebeur voor 24 Julie.

  4. Teen 5 Augustus sal ‘n waglys deur die Departement na die skool deurgegee word na aanleiding van die dokumente wat ingedien is om aansoeke te staaf. (Geen aansoek sal goedgekeur word sonder die nodige dokumentasie nie).

  5. Ouers sal op 27 Augustus ‘n boodskap kry op hul selfoon met ‘n aanbod vanaf E G Jansen.

  6. Die aanbod moet aanvaar word vanaf 27 Augustus tot  5 September anders gaan kinders automaties geplaas word by skole die naaste aan hul huis adres.   Dit kan gedoen word deur die skool te kontak en te laat weet of die leerling nog defintief EG Jansen toe wil kom.

 

Dokumentasie benodig:

  1. Afskrif van leerling se geboorte sertifikaat

  2. Afskrif van beide ouers se ID Dokumente

  3. Bewys van adres

  4. Laaste skool rapport

  5. Indien beskikbaar Immunisasie sertifikaat

  6. Twee ID grootte fotos

Ons sal ten alle tye beskikbaar sal wees indien u enige probleme ondervind.​

Kontak Daleen Els vir verdere navrae:

Tel: (011) 826 1538/9

Faks: (O11) 823 2139
E-pos: navrae@egjansen.co.za

NUWE LEERDERS

Inskrywings vir nuwe leerders verloop soos volg:

 

Die skool se inskrywingsvorm (beskikbaar by die kantoor) MOET volledig voltooi en by die skool ingehandig of per e-pos na Daleen Els gestuur word op navrae@egjansen.co.za.

 

Na ouers deur die skool in kennis gestel is van die leerder se aanvaarding MOET ouers teen ‘n bepaalde datum met die skool bevestig of die leerder wel die skool gaan bywoon, al dan nie.

 

Bevestiging van bywoning moet gerig word aan me  Daleen Els by navrae@egjansen.co.za.

Briewe en Vorms

Vind hieronder die nodige HULP VIR GRAAD 8-AANLYN ELEKTRONIESE REGISTRASIE vorm. 

 

Vul in en stuur terug aan Daleen Els:

Toelatings - Navrae:

Me. Daleen Els 

Tel: (011) 826 1538/9

Faks: (O11) 823 2139
navrae@egjansen.co.za

Arendsoog Voorblad

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

GPS Koördinate


S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Webbladsy deur welikeit.