Briewe en Vorms

Kliek om dokumente af te laai:

Geagte Graad 8 — ouer/voog 


Baie welkom by die Jansenfamilie. Of hierdie u eerste tree in die Jansenomgewing is en of u dalk 'n lang Jansenpad agter die rug het, ons glo dat 2020 'n Jansenbelewenis sal inhou wat vir u en u gesin vol vreugde en seën sal wees. 


By Jansen vorm die leerders, die personeel en die ouers die unieke hartklop van die skool en saam is ons 'n gedugte span wat ons leerders voorberei vir die volwasse wereld om met arendsvlerke die toekoms in te vlieg. Dit is vir ons belangrik dat die graad 8-leerders van die begin of sal tuisvoel en inval by ons skool se kultuur en tradisies. Die volgende vyf jaar in u kind se lewe by Jansen gaan propvol en besig wees. Hier by Jansen leer ons om die suksesse maar ook teleurstellings van die lewe met grasie te hanteer sodat elke graad 8-leerling van 2020,  in 2024 hulle skoolloopbane op suksesvolle noot kan afsluit. 


Die graad 8's leer die skool, die klasse en die onderwysers in 'n oogwink ken. Hulle spring reeds op Sondag, 12 Januarie 2020 weg met 'n oriënteringskamp te Warthogg Inn. 


Graag gee ons die volgende praktiese reëlings vir 2020 deur: 


1. GRAAD 8 — KAMP 


Die kamp vind vanaf Sondag 12 Januarie tot en met Dinsdag 14 Januarie 2020 by Warthogg Inn (naby Brits) plaas. Aangeheg vind u ook 'n lys van benodighede vir die kamp asook 'n vrywaringsvorm. 


Die graad 8's moet 12 Januarie 2020 reeds om 07:00 aanmeld in Dr.E.G.Jansen se skoolsaal.

 

Waarom is dit 'n goeie besluit om u kind op die kamp te laat gaan?

 

Hier kry die Jansieraad 'n geleentheid om baie nou saam met die graad 8-leerlinge te werk om hulle voor te berei vir die hoërskool. Die koste vir die kamp beloop R800 (kamp,vervoer en T-hemp) per leerling. 

 

Internetbetalings of direkte deposito's:

ABSA Eastlands, rekeningnommer 230390126, verwysing: Graad 8 kamp 2020

Faks asb. Bewus van betaling na 011 826 4015 tesame met u kind se naam  en van. 


Alle bewys van betalings en vrywaringsvorms moet direk na die finansiële kantoor gestuur word na annette@egjansen.co.za.

 

2. GROENTJIEKONSERT 2020 


'n Baie belangrike geleentheid is ons groentjiekonsert. Hier steel die graad 8's elke jaar die kollig.

Die groentjiekonsert vind plaas op Woensdag, 22 Januarie 2020 en Donderdag, 23 Januarie 2020. Weens praktiese redes versoek ons dat gr. 8A1 tot gr. 8A4 se ouers en belangstellendes Woensdag die vertoning bywoon. Gr. 8A5 tot gr. 8A8 se ouers en belangstellendes kry dan Donderdag die geleentheid om die konsert by te woon.

 

SKEDULE:

 

Oefeninge:

Woensdag, 15 Januarie 2020, 14:00 - 16:15

Donderdag, 16 Januarie 2020, 14:00 - 16:15

Vrydag, 17 Januarie 2020, 14:00 - 16:50

 

Kleedrepetisie:

Maandag, 20 Januarie 2020, 17:00 - 21:00

Dinsdag, 21 Januare 2020, 17:00 - 21:00

 

Groentjiekonsert :

Woensdag. 22 Januarie 2020, 18:00 - 21:00

Donderdag, 23 Januarie 2020, 18:00 - 21:00

Groentjiekonsert vir die res van die skool:

Vrydag, 24 Januarie 2020 tydens skooltyd

 

Woensdagaand en Donderdagaand moet alle gr 8's reeds om 18:00 by die skool wees.

 

Die kaartjies vir die groentjiekonsert sal vanaf Vrydag, 17 Januarie by die skool beskikbaar wees teen R40 per persoon. Kaartjieverkope vind plaas tydens skoolure by die voorportaaltoonbank.

 

Ander belangrike datums (onderhewig aan verandering):

 

  • Atletiekuitdunne ( tydens skoolure) - 17 Januarie 2020

  • Huissport (tydens skoolure) - 21 Januarie 2020

  • Gr. 8-inligtingsaand - 27 Januarie 2020



Ons vertrou dat u en u nuwe Jansie se verbintenis met Hoerskool Dr.E.G.Jansen vol opwinding, avontuur, nuwe vriende, baie vreugde en wonderlike uitdagings sal wees. Ons wil elkeen so laat tuisvoel dat hulle die waagmoed sal he om uit te vind, te leer, te vra, deel te neem en aan te pak. Mag elke nuwe Jansie hulle grense verskuif en nuwe werelde ontdek binne die geborgde raamwerk van integriteit, lojaliteit, respek en ywer. 


Skakel ons gerus indien u enige navrae het. 


Jansengroete.

GRAAD 8 VAN 2020

KAMPBENODIGHEDE VIR WARTHOGG INN

 

JULLE UITSTAPPIE IS NA DIE BOSVELD EN JULLE SAL DIE VOLGENDE MOET SAAMNEEM:

1. SLAAPTOERUSTING:  
Die rondawels het bunkerbeddens in met sponsmatras.

  • Slaapsak of kombers of duvets.

  • Warm slaapklere (bv. sweetpak).

  • Kussing 


2. KLERE:

  • Warm truie of baadjie.

  • Swemklere.

  • Ou klere — ONTHOU JY IS IN DIE BOS!

  • Kouse. 

  • Loopskoene (tekkies of stapskoene).

  • Plakkies is opsioneel.

  • 2 handdoeke (een vir swem).

  • Hoed of 'n 'keps'. 

3. EETGEREI:

  • Mes/Vurk/Lepel.

  • Bord en Beker.

  • Waterbottel.

  • Opwaslappe.

 

4. ALGEMEEN:  

  • Bybel..

  • Medikasie indien benodig.

  • `Sunblock', dit is bale warm in BRITS — Faktor 20 en hoër.

  • Flitslig. 

  • Pen en notaboekie.

  • Insekweerder (muskiete).

  • GEEN RADIO'S OF SELLULêRE FONE WORD TOEGELAAT NIE.

  • Bagasieruimte is beperk.

  • Pak oordeelkundig.

  • 'n Positiewe gesindheid. 

SKRYFBEHOEFTES VIR 2020

  • Bloupenne

  • B4-, B5- en B6-gryspotlode

  • Skerpmaker

  • Uitveër

  • Skêr

  • Gom

  • Swart merkpen (dunpunt)

  • Koki'ss ("Fibre tip" pen)

  • Inkleurpotlode

  • Vetkryte of pastelle

  • Wiskundestel (Gradeboog, passer en tekenhoeke)

  • Sakrekenaar (Casio fx-82ZA Plus)

  • Liniaal

EGJ PLAKKIES

Gr. 8 Nuus

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

GPS Koördinate


S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Webbladsy deur welikeit.