top of page
7.jpg

AKADEMIE

JOU KEUSE VIR AKADEMIESE UITNEMENDHEID!

 

Kom sluit aan by die skool waar akademie no.1 is.

Sukses

Sukses is iets wat jy self behaal.  Dit beteken werk wanneer almal rus, om aan te hou en uit te hou en altyd te streef na beter.  Jansen bied onbeperkte geleenthede en met toewyding, harde werk en 'n verantwoordelikheidsin kan elkeen hom of haar bekwaam vir die beroepslewe en terselfdetyd hulle lewenskennis verbreed.  Wie ookal jy is, sukses is binne jou bereik.  Die pad na jou toekoms loop deur die Hoërskool Dr. E.G. Jansen.

Prestasies

Die hoogste premie word op akademiese uitnemendheid geplaas. Ons poog om leerlinge se individuele vakkombinasie te akkommodeer en streef doelgerig na die optimale akademiese prestasie van elke leerling. Sodoende kan elke leerder:

  • ‘n positiewe selfbeeld ontwikkel

  • kreatief en krities leer dink

  • probleme identifiseer en oplos

  • effektief leer kommunikeer

  • leierskaps- en entrepreneurskapvaardighede aanleer; en

  • volledig menswees.

VAKINLIGTING

Afrikaans Huistaal is ‘n instrument wat gebruik word vir denke en kommunikasie en die klem val op die verfyning van taalvaardighede, kreatiewe denke en estetiese aanvoeling. Die klem word gelê op luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied en taalstrukture en taalkonvensies wat leerders se literêre, estetiese en verbeeldingryke bevoegdhede om hulle leefwêreld te herskep, beter te begryp en hulle verbeelding te gebruik.

Dramatiese Kunste is n kleurvolle en insiggewende vak wat bestaan uit ‘n teoretiese been wat teatergeskiedenis en teaterbewegings verken en menigte tekste lees en bespreek. Die praktiese been verskaf ure se plesier en neem jou op n selfondekkingsreis.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) poog om seniorfase leerders 'n goeie algemene insig van die kommersiële studieveld te gee en sluit in die studie van kommersiële vakke soos Ekonomie ('n sosiale wetenskap wat mense se daaglikse keuses bestudeer en om hulle onbeperkte ekonomiese behoeftes en begeertes te bevredig), Besigheidstudies (die kennis, vaardighede, waardes en verhoudings wat belangrik is vir produktiewe, verantwoordelike en etiese deelname in die formele en informele ekonomiese besigheidsektore) en Rekeningkunde (hou verband met boekstawing van transaksies. 

Engels Eerste Addisionele Taal is een van die verpligte vakke in die kurrikulum. Leerders moet uiteindelik die taal gemaklik kan praat, lees, skryf en verstaan, aangesien die taal baie belangrik in vandag se wêreld is.

Gasvryheidstudies  bestaan uit 'n teoretiese en 'n prakties komponent.  Aandag word gegee aan die gasvryheidsbedryf bv. hotelle, gastehuise, restaurant, ens, asook die hantering van funksies en gaste. Voedsel, voorbereiding van voedsel en higiëniese praktyke beslaan 'n groot deel van die sillabus.

Geografie is die studie van menslike en fisiese omgewings. Fisiese Geografie ondersoek natuurlike prosesse en eienskappe soos die atmosfeer, landvorme en ekosisteme.  In Menslike Geografie ondersoek ons die aktiwiteite en die impak van mense op die Aarde.

Geskiedenis verskaf inligting oor die verlede wat help om die hede te verstaan. Geskiedenis help ons om situasies, mense en gemeenskappe (van antieke tye tot nou) te verstaan.

Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO) bestaan uit 2 afdelings, naamlik meganiese tekeninge en siviele tekeninge.  Meganiese tekeninge fokus op masjienerie en siviele tekeninge op huisplanne.

Inligtingstegnologie (IT) het ‘n teoretiese en praktiese been.   Teorie verken na kommunkasietegnologieë, netwerke, beroepe en sosiale implikasies van IKT.  Prakties leer geskikte tegnieke en prosedures om probleemoplossend te dink en skep rekenaarprogramme in Delphi om dit aan te spreek. 

Natuurwetenskap (NW) bestaan uit Lewenswetenskappe (die studie van alles wat lewe) en Fisiese Wetenskappe wat bestaan uit Fisika (die studie van deeltjies se beweging en hul kragte) en Chemie (die studie van materie en die interaksie daarvan met energie).

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) het ‘n teoretiese en praktiese been.  Teorie verken kommunkasietegnologieë, netwerke en die sosiale implikasies van IKT.  Prakties leer eindgebruikersvaardighede van Microsoft se programmatuur en basiese internet-vaardighede soos HTML-webbladontwerp, ens.

Tegnologie leer die leerders  om kreatiewe, innoverende probleemoplossers te word en in 'n groep saam te werk.

Toerisme is ‘n is ‘n vak vir die toekoms omdat die toerismebedryf jaarliks groei en n reuse bydrae tot die ekonomie lewer. Onderwerpe wat behandel word, sluit die studie van binnelandse- en internasionale toerismesektore, kaartwerk, toerbeplanning, bemarking, kommunikasie, valuta en kliëntediens in.

Verbruikerstudies dek entrepreneurskap, voedsel en voeding, tekstiele, ontwerp, behuising en die verbruiker. Kook en bak is die praktiese sy daarvan. Die leerder leer hoe om ‘n besigheid te begin en kry die gereedskap om die produk vir sy eie besigheid te produseer.

Wiskunde bestaan uit algebraïese manupilasies, driehoeksmeting, analitiese en Euklidiese Meetkunde, waarskynlikheid en datahantering.

Wiskunde Geletterdheid is die praktiese toepassings en berekeninge wat nodig is vir alledaagse gebruik, byvoorbeeld selfoonrekeninge, elektrisiteitsrekeninge, reisprogramme en finansiële berekeninge.

VAKKEUSES

 

Graad 8 en 9

 

Verpligte leerareas                                                                      

 

  • Afrikaans (Huistaal)                                                                  

  • Engels (Eerste Addisionele Taal)                                          

  • Wiskunde (WISK)                                                                                                      

  • Lewensoriëntering (LO)                                                          

  • Tegnologie (TEG)                                                         

  • Natuurwetenskap (NW)                                                        

  • Kuns en Kultuur (KK)                                            

  • Sosiale Wetenskappe  (SW) 

  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe(EBW)     

 

En EEN VAK uit die volgende leerareas:

 

  • Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

  • Sportkunde (krieket, hokkie, netbal, rugby)

  • Spyseniering en Toerisme (S&T)

  • Tegniese Tekene (TT)      

Graad 10 tot 12

 

Verpligte leerareas

  • Afrikaans (Huistaal)

  • Engels (Eerste Addisionele Taal)

  • Wiskunde (WISK)

  • Wiskundige Geletterdheid (WGL)

  • Lewensoriëntering (LO)

En DRIE VAKKE uit die volgende leerareas:

  • Fisiese Wetenskap (FW)

  • Lewenswetenskap (LW)

  • Dramatiese Kunste (DRA)

  • Geskiedenis (GESK)

  • Geografie (GEO)

  • Toerisme (TOER)

  • Ekonomie (EKO)

  • Besigheidstudies (BES)

  • Rekeningkunde (REK)

  • Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

  • Gasvryheidstudies (GAS)

  • Verbruikerstudies (VERB)

  • Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO)

  • Inligtingstegnologie (IT)

bottom of page