Dr. E.G. Jansen

Mar 13, 2020

Rugby ‘capping’-aand saam met Pierre Spies!

Dit was 'n groot voorreg om E.G. Jansen se eerste rugbyspan op Woensdagaand, 11 Maart aan te kondig. Hulle speel Saterdag hulle eerste wedstryd op Loftus B teen 'n uitnodigingspan.

Die gasspreker vir die aand was die welbekende Pierre Spies. Pierre Johan Spies (gebore op 8 Junie 1985 in Pretoria) is 'n afgetrede speler van die Suid-Afrikaanse rugbyunie. Hy speel meestal as nommer 8, maar kan ook as flank speel.

Tussen 2005 en 2015 het hy die grootste deel van sy loopbaan deurgebring in die speel van Superrugby vir die Bulle en plaaslike Suid-Afrikaanse rugby vir die Blou Bulle. Hy het Suid-Afrika ook tussen 2006 en 2013 verteenwoordig.

Saterdag se spelers:

1. Johnathan Redelinghuys

2. Kyle Pepler (CW)

3. Donovan Redelinghuys

4. Aiden Oosthuizen

5. Franko Bredenkamp

6. Francois Deysel

7. Marco Venter (o/k)

8. Jeandre Kruger

9. Damian Drinkwater

10. Sheldon Diemieniet

11. Jaden du Preez

12. Louis de Bruyn (K)

13. Keagan Balfour

14. Giovanni van Eeden

15. Jason Edwards

Die O/14- en O/15-seuns het hulle truie ontvang by die geleentheid.

Baie sterkte aan elke Jansenspeler met die seisoen!

Jansengroete.

Rudi Dames

Rugbydirekteur

#RugbybyJansen #Rugby2020

Foto's geneem deur Manie du Plessis:

https://www.facebook.com/media/set/?set=oa.3312426008772097&type=3

    0