Hoërskool Dr. E.G. Jansen

May 9, 2022

DIE MATRIEKS OORTREF HULSELF TYDENS RESTAURANT-AAND

Deur Kyra Pratt


 
Met hul finale Gasvryheidspraktiese eksamen om die draai, het die Hotelskool se matrieks op 5 April 2022 hul laaste restaurantfunksie met hul ouers as die gaste aangebied: ‘n Uithanggeleentheid!

Die tafels is stylvol gedek met ‘n kandelaar as die fokuspunt wat bedek is met rose en pêrels, om die tema, “Bridgerton”, uitgebeeld.

Elke gas is verwelkom met ‘n pienk gin-en spookasemkonkoksie en is deur netjiesgeklede kelners bedien.

Die kos was van hoogstaande gehalte: Die driegangmaaltyd het uit ‘n verskeidenheid smullekker disse bestaan. Die voorgereg was ‘n keuse tussen Spinasieroomsop met ‘n Broodwielietjie of ‘n Papaja- en Grenadella Sorbet. Die hoofgereg het bestaan uit Beef Wellington met Sampioen-en-pienkpepersous of Filobakkies met ‘n Mediterreense groentedis. Vir nagereg kon jy kies tussen Tiramisu met Sjokolade of Botterskorsiewaffels met Port-en toffiesous. ‘n Heerlike koffie is aan elke gas bedien om die vingerleklekker maaltyd af te sluit.

Wat ‘n glansgeleentheid!

    0