Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Nov 3, 2022

DAMESRUGBY!

Deur Zanel Visser

“Wag, het ek nou reg gelees?” “Damesrugby by Dr EG Jansen?”

Ja, jy het beslis reg gelees! Dr EG Jansen bring Damesrugby weer terug!

Na die lange Covid-pandemie het Mnr Truter sy beste gegee om die tradisie weer terug te bring. Ons skool was die beste van die bestes voor die Covid 19-Pandemie gewees.

Die O/15-en O/16-dogters is elke middag hard aan die oefen vir hulle plek in die span.

Daar is uitstekende vordering onder die jong dames. Hulle is gladnie bang om te systap, hardloop, skop, of selfs te pletter vat nie. Valke-rugby is ook ‘n gewilde onderwerp onder die dogters.

Ons sien uit daarna om te sien tot wat ons dogters in staat is. Met hulp van Oom Frikkie en Mnr Truter het die dames die beste afrigting.

‘n Giggel hier en ‘n giggel daar…

Hulle hare word deurmekaar

Naels word gebreek, hemde geskeur,

maar daar is ‘n oop deur:

‘n toekoms vol harde werk en sweet!

Kan hierdie jong dames dit al weet,

want hier in EG Jansen word prestasies gemeet.

Sterkte dames!!!

    0