ONS WAPEN:
Die skildvel en gekruisde, vlagdraende assegaaie weerspieël die
diversiteit van die land waarin ons woon, terwyl die monument
die geskiedenis, ideale en strewes van die Afrikaner verbeeld.
Die opkomende son beloof nuwe uitdagings en geleenthede vir ons jeug en die arend met wydgestrekte
vlerke stel ware vryheid en waaksaamheid voor.

ONS LEUSE:
Die leuse van ons skool, ONS SAL HANDHAAF,
is deur Dr. E.G. Jansen self gekies.
Daaronder verstaan ons:
- die ereplek aan God en Sy Woord in ons lewens gee;
- Christelike lewensbeginsels nastreef; en
- die vaste beginsels van ons taal en nasie handhaaf.
No comments yet.