EG Jansen se perdryspan – uitstekend!

28 May

Hoërskool Dr EG Jansen se perdryspan vaar uitstekend hierdie jaar.  Met die derde kwalifiserende rondte so pas agter die rug is ons nou hard aan die oefen vir die laaste kwalifiserende rondte wat op 21 Julie 2012 by Equestrian International in Great North road, Benoni plaasvind.

Ons nooi almal uit om ons te kom ondersteun en van nader kennis te maak met opwindende perdry sport! Soos die puntestand op die oomblik is, kwalifiseer daar tot dusver 3 ruiters om in die finale streeksuitdunne in Augustus deel te neem.  Hopelik sal daar van ons kan deurdring tot die Nasionale  Kampioenskappe in September te Kyalami, waar die hele land se beste skole-ruiters teen mekaar sal  meeding.

Laai die pdf af om die puntestand te sien: Perdry Mei 2012 (61)

No comments yet.

Leave a Reply

WP-Backgrounds Lite by InoPlugs Web Design and Juwelier Schönmann 1010 Wien