Graad 10 Toerisme Uitstappie 23 Mei 2012

01 Jun

Ongeveer 58 graad 10 toerisme leerlinge het die Protea Hotel te OR Thambo besoek. Ons het ontbyt genuttig en na ‘n voorlegging van die Protea groep geluister. Ons is in verskillende groepe gedeel waar ons elke deel van die hotel besoek het om te sien hoe dit werk.  (onder andere die kroeg, kombuis, linne, kamers, ontvangs ens)

Hulle het aan die ons verduidelik wat jy moet doen om in die hotelbedryf in te kom, waar jy moet studeer, hoe lank jy studeer en wat die salarisse is.

Dit was werklik ‘n betekenisvolle en opwindende uitstapie vir elkeen wat in die spesifieke beroep wil gaan werk.

Dankie aan mev M Smith en mev S Lubbe wat ons vergesel het!

No comments yet.

Leave a Reply

WP-Backgrounds Lite by InoPlugs Web Design and Juwelier Schönmann 1010 Wien