Jansen se atlete blink uit!
JANSEN ATLETE BLINK UIT!
Die volgende atlete het almal provinsiale klere behaal en Gauteng by die Nasionale atletiek kampioenskappe verteenwoordig:
- Cindy von Ahlefeldt 400m en 200m Dogters 0/15
- Louisa Stramrood 400m en 200m Dogters 0/15
- Cecilia Stramrood 800m Dogters 0/15
- Irvin Ali 100m hekkies en 300m hekkies Seuns 0/15
- Ruan Henning 100m Seuns 0/15
- Bianca Botes Spiesgooi en Hammergooi Dogters 0/15
- Zandri Kruger Hoogsprings Dogters 0/17
- Tiaan Steenkamp Hoogspring Seuns 0/17
- Marno Bierman Diskus Seuns 0/17
- Isabel Strydom 800m en 1500m Dogters 0/19
- Andrew de Beer 110m en 1500m Seuns 0/19
Die SA – Junior atletiekkampioenskappe het vanjaar in Germiston plaasgevind en Jansen se sewe deelnemende atlete het puik presteer. Om presies te wees, ons skool het twee SA kampioene opgelewer.
In die hoogspring vir seuns 0/17, het Tiaan Steenkamp die goue medalje verower met ‘n hoogte van 2,03 meter. Tiaan is maar nog 16. Welgedaan, Tiaan!
Isabel Strydom het silwer medaljes verower in beide die 800 m en 1500 m vir dogters 0/18. Irvin Ali het ‘n bronsmedalje in die seuns 0/15 – 100m hekkies verower.
Bianca Botes het brons gewen in die hamergooi en was vyfde in die spiesgooi. Cindy van Ahlefeldt het brons verower in die 400m vir dogters 0/15. Zandri Kruger 0/16 was vierde in die hoogspring vir dogters 0/17.
Andrew de Beer was sewende in beide die 110m hekkies en hoogspring vir seuns 0/19.
Oud-leerling Kayla-Gilbert het goud gewen in die 100 m hekkies in die dames 0/23 – afdeling.
Sterkte ook aan Kayla en Isobel Strydom wat eerskomende Vrydag en Saterdag aan die SA seniorkampioenskappe in Port Elizabeth deelneem. Ons hou styf duime vas!
Agter : Tiaan Steenkamp en Irwin Ali
Voor: Cindy von Ahlefeldt; Isabel Strydom en Bianca Botes
Agter ry: Tiaan Steenkamp; Irwin Ali en Marno Bierman
Middel ry: Cindy von Ahlefeldt; Isabel Strydom; Ruan Henning; Andrew de Beer en Zandri Kruger
Voor: Louisa Stramrood; Bianca Botes en Cecilia Stramrood
No comments yet.