Tien van ons skool se top atlete het Woensdag, 1 Februarie, aan die H/s Hoogenhout se jaarlikse Top 10-byeenkoms in Bethal deelgeneem en puik presteer. Vier-en-dertig skole het vanjaar aan hierdie byeenkoms deelgeneem en Jansen se atlete het vriend en vyand verras deur stof in die oë van veel groter skole te skop en algeheel 2de te eindig.
Daar was ook puik individuele prestasies. Chané Viviers het die trofee ontvang vir die beste baanatleet op die dag, terwyl Isabel Strydom in die 1500m ‘n dertigjaaroue rekord, die oudste rekord in die program, laat spat het.
Die top vyf skole was:
(1) H/s Kemptonpark;
(2) H/s Dr. E.G. Jansen;
(3) H/s Standerton;
(4) Helpmekaar College; en
(5) HTS Middelburg.









