Kennisgewing: webblad e-pos veranderinge

09 Nov

Liewe intekenaar

U is ingeteken op een of meer van EG Jansen se webbladkategorië. Baie dankie vir u ondersteuning deur die jaar.

Om die e-posse meer vaartbelyn te maak, gaan ons veranderinge bring aan die kategorië wat tans bestaan, sodat 2012 van die begin af glad verloop.

Die graadkategorië, sowel as ‘sport’, ‘akademie’ en ‘kultuur’ gaan wegval. Daar gaan ‘n nuwe algemene kategorie wees waarin AL die nuus sal verskyn. Hierdie besluit is gemaak, omdat daar nie gereeld nuus in al die bestaande kategorië uitgaan nie, maar wel saam sal dit gereeld en volledig wees.

Om hierdie verandering te maak, moet ons al die e-pos sindikasies stop. Dit sal alles oorgedoen word. Dus sal u subskripsie na hierdie e-pos verval.  Om dit vir u makliker te maak om weer die ‘nuus e-posse’ te ontvang, sal ons u self inteken vir die nuwe sindikasie. Maar u sal dit moet verifieer (soos u gemaak het in die verlede). Die e-pos wat aan u gestuur sal word sal die skakel inhê, wat u net kan kliek om te verifieer.

Baie jammer vir die ongerief, maar ons glo dit gaan ‘n groot verbetering wees.

Indien u nie die e-pos nuus wil ontvang nie, ignoreer net die verifikasie e-pos aan u gestuur.

Baie dankie dat u help hiermee.

Jansie-groete!

No comments yet.

Leave a Reply